
=====================================================================
Skep eenvormigheid met flair (AV 7:4)
=====================================================================

Inhoudsoorsig


Skep eenvormigheid met flair

Verbreed Afrikaans se horisonne, vra Malvory Adams.

Afrikaans kn en sl oorleef en het nie 'n "wedloop teen verengelsing" nodig nie, allermins 'n sogenaamde derde taalbeweging.

Toegegee, Afrikaans s onder die druk van Engels, maar nugterdenkende moedertaalsprekers kan beswaarlik verwag dat die taal nou dieselfde 
verhewe status geniet as wat hy onder die vorige regering geniet het. Juis omdat verskeie tale ook deesdae onder die aanslag van "Engels! 
Engels! Alles Engels! Engels wat jy sien en hoor  " gebuk gaan.

'n Vooraanstaande Suid-Afrikaanse taalkenner, prof. John Rennison, het juis onlangs ges verskeie swart tale kan binne minder as tien jaar 
dieselfde lot beleef as di van die dinosourus. Hy skryf dit daaraan toe dat al hoe meer tale deur hul moedertaalsprekers verwerp word. 
Rennison s die bedreiging spruit daaruit dat ouers hul kinders na skole stuur waar hulle in Engels onderrig word, ten koste van hul 
moedertaal.

Di argument hou nie steek nie. Die nuwe geslag bruin ouers stuur ook hul kinders al hoe meer na Engelse skole, hoewel hul huistaal 
Afrikaans is. Die kind praat wel oorwegend Engels, maar raak geleidelik tweetalig  in sommige gevalle drietalig  en hulle leer makliker 
Afrikaans praat. Dis oor geslagte heen bewys dat as 'n oorwegend Afrikaanssprekende kind skielik eendag met Engels te doen kry, snaakse 
gedrogte uit die kind se mond kom. Engels is nie noodwendig die doodsteek nie. Dis die ouers wat, al is hulle Afrikaanssprekend, die 
kinders met geradbraakte Engels pleks van Afrikaans voer.

Hoe beveg 'n mens di sogenaamde aanslag? Verbreed en verryk die taal! Jy verbreed dit deur veeltaligheid te bevorder in kontakgroepe oor 
taalgrense heen. Die internet kan ook 'n dinamiese rol speel om die gesprek aan die gang te hou. Met die opkoms van 'n vooruitstrewende 
swart middelklas is die internet nie net vir 'n bepaalde groep beskore nie.

'n Mens verryk ook die taal deur ruimte te skep vir vreemde woorde of "welkome indringers". Daar is juis deesdae verskeie welluidende 
indringers in die taal en ons moet nie ons neuse daarvoor optrek nie. Sleng, scamto, tsotsitaal en natuurlik Kaaps bring 'n vars briesie.

Elliot Mashinini, oftewel "Boerseun", glo dat so lank sy mense Afrikaans "in die kombuis" praat, hy nie sal uitsterf nie. Elliot glo ook in 
die krag van musiek. Daarom glo hy het sy taalgroep in Soweto en ander townships groot taalsuksesse met onder meer die musiek van Koos 
Kombuis behaal. Lede van sy groep is glo versot op Koos se "Lente in die Boland".

'n Mens moet ook nie die bemarkingswaarde van die klomp nuwe genres soos kwaito-kaans, Kaapse-kaans en tsotsi-kaans onderskat nie. As 
township-kunstenaars soos Arthur Mafokate, Trompies en Skeem besef dat Afrikaans 'n lekker taal is  afgesien van die kommersile voordeel 
wat hulle daaruit trek  dan is daar geen rede waarom van hul liedjies soos "Waar was jy?", "Die Poppe sal Dans", "Dis f..ol, dis niks" en 
"Trap en Los" nie blootstelling kan kry op tradisioneel Afrikaanse feeste nie. Dit kan die beeld van Afrikaans 'n geweldige hupstoot gee 
onder volgelinge van die kunstenaars (meestal swart en bruin jeugdiges), wat al hardlywig is weens 'n oordonderende Engelse dieet.

Dis nou maar eenkeer s: 'n taal wat gedurig bewe, het geen kans om te oorlewe nie. Dis tyd dat Afrikaans uit die as van sy eie pynlike 
verlede opstaan. Word losser, maar nie loskop nie.

Die taal het ongelukkig die vreemde vermo om sy eie ondergang te bewerkstellig. 'n Babelse verwarring heers deesdae oor die los of vas 
skryf van woorde, uitgange (-s of -e) en wisselvorms. Die media en die Afrikaanse Woordelys en Spelrels is die grootste sondaars.

Elke koerant, tydskrif en die elektroniese medium het sy eie sogenaamde taalstyl. Die verwarring is ook 'n duidelike weerspieling van die 
verdeeldheid onder Afrikaanssprekendes. As moedertaalsprekers verward is (moenie eens van die kinders praat nie), wat dan van potensieel 
nuwe sprekers? Aanhoudende strydlustigheid skrik hulle af.

Die oplossing l in eenvormigheid met flair en 'n groter openheid wat ruimte laat vir ontlening en indringing  binne perke natuurlik.

Prof. Franois Odendal slaan die spyker op die kop in sy Aspekte van Taal. Hy meen nie elke en alle vreemde woorde moet sommer outomaties 
as onsuiwer, slegte Afrikaans verwerp word nie. Net so min as wat elke vreemde woord sonder meer as goeie Afrikaans aanvaar kan word.

Dis hoog tyd dat taalstryders en wit politici wat aan die uitsterwingsindroom ly, uit hul eksklusiewe hokkies klim en die taal met 
entoesiasme onder alle bevolkingsgroepe bemark. Die antwoord l in die aanwending van musiek, kulturele kruisbestuiwing, gespreksgroepe, 
kontakgroepe en veeltaligheidsforums  nie in 'n taalstryd vir die beskerming van 'n taal nie.

'n Derde taalbeweging ruik na laertrekkery, wat uitsluiting beteken. Uitsluiting lei tot vervreemding  iets wat 'n taal soos Afrikaans 
beswaarlik kan bekostig.

Dit sou beter wees om die taal te "ontbondel" en sy horisonne te verbreed (inklusiwiteit) en veral ag te slaan op die woorde van 'n 
blommeverkoper op Groentemarkplein in die Kaap: "Wie gee nou om of Afrikaans op vier channels van die SABC of net een gehoor word? Ek gaan 
hom anyway praat." Malvory Adams is nagredakteur en 'n assistentredakteur by Beeld.

Hierdie blad: <http://www.afrikaans.com/av7439.html> Voeg kommentaar toe aan hierdie bladsy. Skryf gerus aan die redaksie.  Kopiereg (c) 
Stigting vir Afrikaans 1999, 2000       Blaai terug | Blaai om
.

Enige woord Al die woorde Presiese frase   /// Afrikaans Vandag -- Finaal 2000 /// Nuwe SBA maak deure oop met Afrikaans /// Gedig met 
skets van Nick Mallet /// Bertie du Plessis s /// Nuwe Direktoraat: Buitelandse Betrekkinge /// Afrikaans-Ekspo groei steeds /// Welslae 
met slypskole /// Wat onthou word, l n aan die hart /// Vertel hulle van die rykdom in Afrikaans /// Ons lesers skryf: Voorstelle vir 
'realiste' /// Ons lesers skryf: Leer van Vlaandere /// Buro van woorde staan sterk /// Veeltaligheid in nuwe Suid-Afrika /// 
Nederlandssprekers leer Afrikaans /// Taal, kleur en eiewaarde /// Burgeroorlog in Afrikaanse geledere /// Vir fliekvlooie, boekwurms, 
jappies en ... /// Punt in die wind /// Eie woord en klank voer mee /// Handleiding oor grammatika en uitspraak /// Europa eis kennis van 
tale /// Die tinktinkie en die renboog /// Taalwerkers saam onder Afrikaanse kombers /// Tieners wil nie lees nie! Wie is skuldig? /// 
Oupa se woorde is kompas in nood /// Trots van die SvA  geletterdheidswerk /// Luister na stem van ware identiteit /// 'Ons gee Afrikaans 
'n nuwe baadjie' /// 'Donderse Engelsman' is prestigepryswenner /// Taalspeletjies gee vonk aan Afrikaanse lesse /// Plaasskole word 'n 
avontuur /// Afrikaans Vandag sit hand by /// In Amerika klop harte warm vir Afrikaans /// Die kode is P /// Een van talle suksesvolle 
literre skryfskole /// Engels ongeskik vir Afrika renaissance /// Ons lesers skryf: Gebruik Engels om Afrikaans te prys /// Kongres toon 
literatuur is poort tot kennis /// Moedertoorn /// Laat feeste voorhuisdeure wyer oopmaak /// Skep eenvormigheid met flair /// Vista-
studente se Afrikaansfees maak geskiedenis /// Daar's lewe by die Afrikaanse Skrywersvereniging /// 'Kyk met haikoe-o' /// Daar is 'n tyd 
vir gaan... /// Ontmoet Afrikat /// Vakansiebestemming: Valsbaai /// Grootkop rol

